Groep in hof ná gruvonds in Diazville-motorhuis

Polisiebeamptes wat Sondagmiddag 3 November ’n klagte by ’n huis in Diazville, Saldanha, opgevolg het, is deur ’n grusame gesig begroet – ’n lyk toegedraai in swart sakke.


Polisiebeamptes wat Sondagmiddag 3 November ’n klagte by ’n huis in Diazville, Saldanha, opgevolg het, is deur ’n grusame gesig begroet – ’n lyk toegedraai in swart sakke.

Geo Jason Arends (24) is vermoedelik vermoor in wat blyk ’n boendoehofmoord in voortslepende geweld in dié dorp te wees.

Volgens die Weskus-polisie se distrikskantoor het altesaam ses mense, onder wie vyf vroue, Dinsdag 5 November in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Arends se lyk is Sondag omstreeks 17:10 in die motorhuis gekry.

Ooggetuies beweer glo die oorledene is aangerand omdat inwoners hom daarvan verdink het dat hy “wou inbreek”.

Die Saldanha-polisie ondersoek die saak.

You need to be Logged In to leave a comment.