Die Weskus treur ná die skielike dood van Bjorn Witbooi, ‘n toegewyde raadslid van die GOOD-party in die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM).

Witbooi is verlede Donderdag (9 Oktober) oorlede.

Brett Herron, GOOD se sekretaris, het in ‘n verklaring gesê die party betuig sy innige meegevoel met sy vrou, Stacey, hul familie, vriende en kollegas in hierdie moeilike tyd.

“Bjorn se geliefde gemeenskap van Hopefield was sy lewenswerk. Hy het vreesloos geveg vir hul regte op munisipale en maatskaplike dienste en die gees van diensbare leierskap in alles wat hy gedoen het, uitgestraal. Hy was ‘n gewaardeerde lid van die GOOD-

nasionale leierskapsraad en sy energie en onwrikbare toewyding aan geregtigheid en gemeenskapsopheffing sal diep gemis word deur sy mede-raads-

lede, partylede en ondersteuners,” sê Herron.

André Truter, die burgemeester van die SBM, het ook gedeel dat Witbooi ‘n “man van integriteit en deernis” was.

“Sy passie vir sy gemeenskap en sy diep verbintenis tot die verbetering in die lewe van ander was duidelik in alles wat hy gedoen het. Hy het met nederigheid gelei en met ‘n doel gedien – eienskappe wat diep gemis sal word; reg deur ons munisipaliteit.”

Truter sê hoewel oor sy heengaan getreur word, vier hulle ook ‘n lewe wat werklik ‘n verskil gemaak het.

“Sy nalatenskap van diens, vriendelikheid en leierskap sal aanhou inspireer. Mag sy familie en geliefdes troos vind in die wete dat sy werk en invloed nooit vergeet sal word nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025