Die Saldanhabaai-munisipaliteit verleng die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging se kontrak.

Daar is goeie nuus vir die dierewelsyn aan die Weskus – die Saldanhabaai-munisipaliteit is besig om die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging (DBV) vir nog ‘n jaar amptelik in diens te neem.

Louise van Zyl, die bestuurder van die Swartland- en Weskus-DBV, sê hulle was onseker of hulle sal kan voortgaan, maar het in die eerste week van Junie gehoor die munisipaliteit wil hul kontrak vir nog ‘n jaar verleng.

“Ons het nog nie die dokumente onderteken nie, maar dit behoort binnekort te gebeur. Ons het nog altyd ‘n inspekteur by die DBV in Vredenburg beskikbaar gehad en is nou besig om te adverteer vir nog een wat daar geplaas sal wees,” voeg van Zyl by.

Die DBV vervul ‘n sleutelrol in diere- welsyn in onder meer die opvoeding van die publiek oor dierehantering en -versorging en proaktiewe inspeksie van die toestand van diere en vee in enige onderneming waar hulle aangehou word.

Indien jy enige diere in nood raaksien, kontak jdie Swartland- en Weskus-DBV by 022 492 2781.

Ander dierewelsynsorganisasie is Saldanha Animal Care by 082 921 0233, CARE St Helenabaai by 071 289 3025 en die Velddrif Animal Care by 074 740 1111.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025