Die gimnaste Layla Haslam, Ankia van Zyl, Amahle Shumani en Jade Moore saam met hul afrigters, Bianca Pholman en Madeleine van der Merwe.Foto:


Lede van die Langebaan Stars-gimnastiekklub het Saterdag (1 April) aan die Madiba-bekerkompetisie deelgeneem en talle medaljes verower.

Die klub, wat in Langebaan gesetel is, het aan die tuimel- en trampolien-kompetisie in Kaapstad deelgeneem.

Ankia van Zyl en Amahle Shumani het albei goed gevaar. Al twee het goue medaljes vir tuimel verower.

Layla Haslam het silwer vir haar prestasies op die mini-trampolien gekry en dit is ook in dié item dat Ankia haar tweede medalje, dié keer brons, losgespring het. Jade Moore het op haar beurt brons in tuimel verower.

Carlé Clemitson het ook silwer vir haar werk in mini-trampolien verower. Theo Noble en Oelof Noble het uitgeblink en met goud in die black top-trampolien en mini-trampolien items geëindig.

Die afrigters Madeleine van der Merwe en Bianca Pholman het die groep na die kompetisie vergesel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025