Twee gimnaste van die Langebaan Stars-gimnastiekklub het by die pas afgelope kampioenskap in Stellenbosch en Kaapstad baie goed gedoen.
Princess Chamisa en Micah Basson het aan die distrikskompetisies deelgeneem en die spanne gehaal wat in Julie aan die Wes-Kaapse kampioenskap gaan deelgeneem.

Princess het op Saterdag 31 Mei aan die distrikskompetisie vir ritmiese bewegings in Van der Stel, Stellenbosch, deelgeneem, waar sy ‘n brons- medalje verower het. Daarna het sy die Weskus-distrik by die Wes-Kaapse provinsiale kampioenskap in vlak 3 verteenwoordig. Sy het in die ouderdomsgroep vir 11 jaar en ouer deelgeneem en ‘n silwermedalje gewen.
Micah het verlede Vrydag (13 Junie) aan die distrikkompetisie in Brackenfell in die tuimel- en trampolien-afdelings deelgeneem.
Sy het die distrikspan gehaal in die ouderdomsgroep 6 tot 8 jaar, vlak 1, en het goud vir tuimel en silwer vir trampolien verower.
Die Wes-Kaapse kampioenskap vind in Julie in Oudtshoorn plaas.

You must be logged in to post a comment.