Jaydene Valentine (12) is sterk op pad om ’n bekende gimnas te word.
Jaydene is ’n leerder aan Langebaan Primêr en ook lid van Langebaan se Stars-gimnastiekklub.
Volgens sy trotse afrigter, Madeleine van der Merwe, was hy die kampioen van die Wasabi- en Cape Cup-interklubkompetisie wat vroeër vanjaar plaasgevind het.
Sy voeg by dat hy ook goud gekry het by die Wes-Kaapse uitdunkampioenskap.
By die SA Gimnastiek-spele wat Dinsdag 24 September en Woensdag 25 September gehou is, het hy ’n silwermedalje verower.
Toe sy gevra is waarom sy vir Valentine benoem het, het sy gesê: “Hy het goue medaljes vir gimnastiek in verskillende kompetisies verower en op die SA Spele, wat die hoogste kompetisies vir gimnaste is, ’n silwermedalje vir vlak vier vir o.14-seuns.”
Volgens haar is dit net ’n kwessie van tyd voordat hy ’n goue medalje kry en dan ook die groen en goud en dit is waarom hy een van Weslander en Let’s Play se uitgesoekte sportsterre is.