Rasaad Adams

Die nasionale departement van gesondheid het sy besluit omgekeer om die handel in en invoer van kosprodukte met kannabis en hennep in as misdadig te verklaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het dié aankondiging op Dinsdag 25 Maart gedoen.

Dr. Aaron Motsoaledi, die

minister van gesondheid, het op

7 Maart nuwe regulasies van die Wet op Voedingsmiddels, Skoon-

heidsmiddels en Ontsmettingsmiddels aangekondig, wat dagga en hennep in kosprodukte verbied het.

Dié nuwe regulasies is reeds in die Staatskoerant geproklameer.

Die verkoop, invoer en vervaardiging van produkte wat enige vorm van kannabis en hennep bevat, sou ingevolge die nuwe

regulasies onwettig wees.

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het verlede week gewaarsku dat die regulasies die bydrae van die dagga-

bedryf tot die land se ekonomie sou kniehalter. “Hierdie is nie net ‘n bedreiging vir werksgeleenthede nie, maar ook ‘n aanslag op groei en werkskepping. Die nasionale regering moet vinnig optree om die verbod om te keer en eerder die hennepbedryf ondersteun,” het hy gesê.

As ‘n alternatief sal die nasionale

wetgewer in oorleg met die departement regulasies ontwikkel oor die uitwerking van dié produkte op mense se gesondheid.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025