Gesinsdag sorg vir pret

Seeskulpie se gesinsdag is op Saterdag 2 Maart gehou en dit was vet pret vir almal.


Seeskulpie se gesinsdag is op Saterdag 2 Maart gehou en dit was vet pret vir almal.

“Ons het begin met die krete vir die onderskeie deelnemers waarna almal deur Longacres-landgoed gestap het. Daarna het almal gehardloop, daar was sakresies, driebeenresies, kruiwastoot en toutrek,” verduidelik Samantha Lindeberg van die skool.

Al die opgewonde ouers het daarna na die entoesiastiese deelnemers van die kaskarresies gaan kyk.

Die wenners van die dag was die Incredibles.

Seeskulpie bedank al die borge en ouers wat gehelp het om die dag ’n reusesukses te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.