Maak seker jy en jou huis is gereed vir die winter.

By Pentagon SA Oil & Fuel (Pty) Ltd, geleë by die Pelikaanhawe in Velddrif, kan verbruikers in groot maat skoonmaakmiddels en motorolies teen billike pryse aankoop.

Pas aan by die natuur en kry jou leefvertrekke reg vir die nuwe seisoen:

1. Maak jou yskas, mikrogolf en oond skoon met die regte niegiftige vetverwyderaars.

2. Gebruik reukolie, lugverfrisser of matpoeier om jou leefvertrekke daardie ekstra huislike gevoel te gee.

3. Ontspan in ’n warm skuimbad en week jou in geure van appel, roos of seebries.

4. Maak seker jou huis bly vry van aanpaksels weens die mistigheid en reën. Gebruik Pentagon se spesiaal geformuleerde produk wat ontslae raak van bedompige reuke, skimmel en muf.

5. Verwyder ou vetkolle op jou gunsteling-kledingstuk.

6. Was jou tuingereedskap met roesverwyderaar en smeer ’n lagie olie aan om dit roesvry te hou.

7. Maak seker jou voertuig se enjin is skoon, en dat die olie en vriesteenmiddel nagegaan is.

8. Verwyder ou oliekolle in en om die motorhuis en sypaadjie.

9. Maak seker alle rioolpype is sonder aanpaksels, sodat water kan uitloop en nie oorloop nie.

10. Hou genoeg bootenjinolie byderhand. Sodra die son sy vingers deur die reënwolk steek, is jy dan sommer dadelik gereed om daardie panharder te gaan vang. ’n Blink plan vir ’n maklike aandete!

Die produkte is beskikbaar by Pentagon.

You need to be Logged In to leave a comment.