Welsonia Ockhuis het haar lang stryd teen kanker in die ouderdom van 61 verloor.

Dié bekende klaskamer-assistent van Karitas Spesiale Skool is Saterdag 22 Junie weens borskanker oorlede.

Volgens haar kinders het Ockhuis ’n groot liefde vir haar kinders, die skool en haar gemeenskap gehad.

“Sy het deernis vir ander se omstandighede gehad, ’n passie om ander te help en ’n groot ope hart,” vertel die kinders.

Ockhuis het in 2000 by Karitas begin en het haar rol as klaskamer-assistent, sportkoördineerder en bus-hulp volgestaan.

Die kinders sê hulle gaan haar humorsin baie mis. Hulle sê ook sy het baie in die gemeenskap gedoen en baie vir ander beteken.

“Daar is te veel om te noem, maar sy het almal se omstandighede op haarself geneem. Die gemeenskap sal self daarvan kan getuig.”

Reona Farmer, ’n vriendin van Ockhuis wat haar ook as klaskamer-assistent gehad het, sê sy gaan Ockhuis vreeslik mis vir die soort mens wat sy was. Sy sal al die herinnerings koester.

. Die begrafnis vind Sondag 30 Junie om 10:00 by Diazville Primêr plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025