Die eerste dag van die nasionale inperking het nie veel beteken vir hawloses in die Weskus nie.
Inwoners in die Saldanhabaai munisipale gebied het ook Vrydag 27 Maart steeds vrylik rondbeweeg. Onder diegene is die hawelose wat volgens president Cyril
Ramaposa se aankondiging oor ’n Covid-19-inperking, tydelike huisvesting moet
kry.
Anne Duncan, van Saldanha, sê sy was Vrydagoggend geskok om te sien twee
hawelose manne loop verby haar huis. Sy het vir hulle geroep, maar kon nie hoor
wat hulle geantwoord het nie.
Duncan het kontak gemaak met die plaaslike munisipaliteit waar sy vertel
is tydelike huisvesting in die vorm van tente, sou vir haweloses ingerig word. Waar
dié tente sal wees en teen wanneer dit opgerig sou word, kon sy nie voor
antwoorde kry nie.
Volgens dr. Lynette Rossouw, streeksbestuurder vir die departement van
maatskaplike dienste, is elke munisipaliteit verantwoordelik om na hul inwoners
om te sien. Rossouw sê soos sy dit verstaan sou tente by munisipale sportgronde
opgerig word.
Burgemeester Marius Koen, sê ’n perseel is reeds geidentifiseer om
haweloses skuiling te gee, maar die praktiese uitvoering van die planne is in
dié stadium ’n struikelblok.
“Dit is ’n tegniese punt, maar ons kan nie
letterlik mense forseer om op dié perseel te bly nie, want dit is nie hulle
huis nie. Hoe ons almal binne die perseel sal hou en hoe ons hulle sal kos gee
is in die stadium ’n kopseer,” verduidelik Koen. Hy sê die praktiese reëlings
word nog na gekyk, maar kon nie sê wanneer die probleem van hawelose op straat
opgelos sou word nie.
Daar is geen plaaslik skuilings vir haweloses nie. Die naaste fasiliteit
vir diegene wat op die straat slaap is in Malmesbury.