Gedig: Met ’n doel

Hierdie gedig, “Met ’n doel”, is deur Shinique Olivier, ’n leerder by Hoërskool Vredenburg, geskryf. Jongmense word uitgenooi om hul gedigte, stories, rubrieke of foto’s aan Weslander te stuur vir publikasie.


Hierdie gedig, “Met ’n doel”, is deur Shinique Olivier, ’n leerder by Hoërskool Vredenburg, geskryf. Jongmense word uitgenooi om hul gedigte, stories, rubrieke of foto’s aan Weslander te stuur vir publikasie.

Met ’n doel

Ek skryf hierdie gedig

nie om hartseer te wees,

maar om my vreugde uit te lig,

tog met ’n doring in my vlees.

Die lewe is ’n lied,

trap ek op ’n valse noot?

Kan ek myself nog meer in die voet steek?

Meet my gewete swaarder as lood?

Kyk net ’n bietjie gou …

Rondloperseun, vertroue ontbreek.

Wie sal hom tog kan help?

En hul hand diep in die sak steek?

Lentebloeisels vergaan in eindeloosheid.

Wat kan ons doen om onsself te beskerm?

Kan goedertierenheid nie maar net voortspruit?

Kan die mensdom nie maar weer hulself oor mekaar ontferm?

Ek droom van ’n plek

waar seerkry nie so seer is,

waar geluk altyd mense opwek,

’n plek waar mense oor mekaar se welstand uitvis.

Maar dis wat dit is,

net een ou simpel droom.

Niks kan gebeur as ons nie hande vat,

na bo kyk en Sy huis oorstroom.

Ek skryf hierdie gedig

nie om hartseer te wees,

maar om elke liewe mens in te lig

met die hoop julle oë sal oopgaan,

na die lesing van my skrif.

You need to be Logged In to leave a comment.