Fynbosskou ál groter

Dié naweek is daar net een plek aan die Weskus om te wees en dit is by die 27ste Hopefield Fynbosskou, 25-28 Augustus.


Dié naweek is daar net een plek aan die Weskus om te wees en dit is by die 27ste Hopefield Fynbosskou, 25-28 Augustus.

’n Asemrowende verskeidenheid inheemse fynbosspesies en dierelewe word in die sportsaal uitgebeeld en skougangers kan deur ervare gidse bygestaan word.

Die sowat 500 spesies kom uit die Hopefield-omgewing se sandveld-, ?rietveld-, ?vleiland- en renosterveldgebiede.

Die uitstalling word landwyd erken onder botaniste as so volledig dat dit bekendstaan as ’n verwysings- en navorsingsprojek.

Van die vrywilligers wat die uitstalling saamstel, het al voorheen by die Chelsey-blommeskou in Engeland gaan diens doen.

Die skou is deur inwoners wat hulle vir die bewaring van fynbos beywer het, begin en het sedertdien gegroei van net ’n fynbosuitstalling tot kosstalletjies en musiekoptredes in die biertent, stalletjies en baie meer. Die fynbosuitstalling open al Donderdag en is elke dag tot Saterdag van 09:00-17:00 oop (Sondag van 10:00-15:00).

Daaglikse etes is by die sportklub se eetsaal beskikbaar met uitsluitlik kontreikos.

Toegang by die hek oor die naweek (R40 volwassenes, R30 seniors en R15 kinders) sluit toegang tot alles in (geen hekgeld ná 17:00).

Die Thys du Toit Memorial-bergfietsuitdaging vind Saterdagoggend plaas (meer op bl. 43). Daar is ook ’n speelterrein en pretpark met toesig vir kleiner kinders.

Bel Ulrich by 073 100 0357 of hou die Facebook-blad by hopefieldfynbosskou dop.

.

You need to be Logged In to leave a comment.