Desember en vakansie is my gunstelingtyd van die jaar.

Ek droom glad nie van ’n White Christmas nie – ek soek die strand, kortbroeke en ’n braaivleisvuur.

Kalkoene, gammon en al die trimmings is nie vir my nie. Tong is egter ’n moet. Kyk, kosmaak is vir my slegs ’n saak van oorlewing, maar ek is bereid om in die feestyd ’n bietjie moeite te doen met disse.

Daarom het ek ’n Franse braai­hoender gekies vir my Kersfees­hoofgereg/vakansiedis.

Dié hoender moet oornag in sy marinade lê, so maak seker dat jy vroeg begin met jou voorbereiding.

Daarna hoef jy net die vuur aan te steek en die braai geniet.

Wat het jy nodig?

• 1,8 kg hoender

Vir die marinade:

• 1 fyngekap ui

• fyngekap knoffel

• 1 bos vars, fyngekapte roosmaryn

• 4 vars lourierblare

• 4 eetlepels witwynasyn

• halwe suurlemoen
. Onthou, rou hoender kan ’n nare besigheid wees, so wees seker om eers die hoender in die oond tot ’n goue kleur gaar te maak.

Wat nou?

Meng al die bestanddele vir die marinade goed saam in ’n groot mengbak en sit eenkant. Maak drie of vier snytjies in die boude sodat die marinade goed in die hoender kan intrek. Dit help die hoen­der om deeglik gaar te word. Vryf die marinade goed in die hoender en plaas in die yskas vir minstens 12 uur.

Op braaidag, verhit die oond tot 190 °C. Haal die hoender uit die yskas, gooi oortollige sous af en plaas hoender in ’n braaibak. Plaas die halwe suurle­moen, ’n paar lourierblare en die res van die sous binne-in die hoender. Bedek met twee lae foelie en bak in die oond vir ’n uur, totdat dit goed gaar is. Haal die hoender uit en braai op die kole tot krakerig en bros. Geniet dié Suid-Afrikaanse Franse hoender met ’n vars slaai en oondge­bakte aartappels.

Resep: http://www.braai.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.