Fosfaatmyn se lisensie onder loep

Die teenstanders van die Elandsfontein-myn sal eersdaags by ’n sessie met die departement van water en sanitasie ’n kans kry om hul saak teen die myn te stel.


Die teenstanders van die Elandsfontein-myn sal eersdaags by ’n sessie met die departement van water en sanitasie ’n kans kry om hul saak teen die myn te stel.

Kropz, eienaar van die fosfaatmyn buite Hopefield, loop sedert die begin van die projek onder kritici deur. Die mynperseel is bo op die Elandsfontein-akwifer geleë, ’n varswaterbron wat watertakke na die beskermde Langebaan-strandmeer het. Teenstanders van die myn meen die moontlikheid is groot dat die watermassa deur mynbedrywighede besoedel kan word.

Die West Coast Environmental Protection Association sal nou die geleentheid kry om die departement se watertribunaal te oorreed om die myn se watergebruikslisensie te hersien. Die vereniging hoop dié lisensie sal herroep word, en sonder ’n lisensie kan die myn nie voortgaan nie. Dit sal slegte nuus vir die ontwikkelaars wees, aangesien miljoene rande reeds aan die ontwikkeling van die myn bestee is.

Kropz hou egter vol alle nodige toestemmings en lisensies is in plek. Weslander het in Februarie berig dat mynbedrywighede teen die einde van vanjaar of vroeg 2020 sou begin.

You need to be Logged In to leave a comment.