’n Fietsryer is beseer toe hy Dinsdagoggend 26 April in Langebaan deur ’n taxi by die Longacres-aansluiting getref is.
Volgens ’n verklaring van die plaaslike nooddiens West Coast Medical Rescue, wat op die toneel was, het die manlike fietsryer matige beserings opgedoen.
Hy is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem.


