Motorfietsryers van die Weskus-motorfietsvereniging (WMA) het die afgelope naweek weer ’n suksesvolle geldinsameling gehou. Foto:


Die Weskus-motorfietsvereniging (WMA) is altyd besig met sy liefdadigheidsprojekte en het die afgelope naweek weer ’n suksesvolle geldinsameling gehou.

Die meeste plaaslike motorfietsklubs affilieer met die WMA en saam hou die motorfietsryers vele liefdadigheidsprojekte elke jaar waar elke motorfietsklub sy eie dienste lewer aan organisasies waar daar nood is.

Die afgelope naweek is sowat R18 000 ingewin.

Een van die langtermynprojekte van die WMA is ’n spesiale fonds vir alle motorfietsryers in die Weskus-gebied. Oor die jare het die Buddy Fund hulp verleen aan families van motorfietsryers wat in ongelukke was deur te help met hospitaalkostes, waar die broodwinner gesterf het, en ook met begrafnisse.

Gedurende die Covid-19- pandemie is daar ook finansiële ondersteuning gegee aan mense wat hul inkomste verloor het. Verskeie geleenthede word geskep om al die plaaslike motorfietsryers bymekaar te kry met insamelings vir die Buddy Fund. Hiermee saam gaan skenkings van lede, klubs en organisasies vir ’n veiling waarvan die opbrengs na die Buddy Fund-rekening gaan.

Die bankrekening word deur ’n bekende finansiële instansie ge-oudit sodat akkurate rekord gehou kan word.

Die WMA bedank graag al sy borge insluitend Goudkop Bush Camp – Hennie van Zyl, Willie Swart, Harcourts, Ocean Direct, Woody’s, West Coast Distillers, Lutzville Winery en Dark Angel Mobile Tattoos vir hul bydraes.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025