Familie beroof terwyl hulle televisie kyk

Op Dinsdagaand 24 September omstreeks 20:30 het ’n 63-jarige man, sy vrou en skoonma televisie gesit en kyk in hul huis in Bo-weg, Yzerfontein. Drie mans, gewapen met messe, het met die trappe afgekom en geld geëis. Die rowers is weg met die klaer se


Op Dinsdagaand 24 September omstreeks 20:30 het ’n 63-jarige man, sy vrou en skoonma televisie gesit en kyk in hul huis in Bo-weg, Yzerfontein. Drie mans, gewapen met messe, het met die trappe afgekom en geld geëis. Die rowers is weg met die klaer se .38-rewolwer, geld, skootrekenaars en die man se wit Toyota Hilux.

Die Darling-polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.

You need to be Logged In to leave a comment.