• Appel by Kapstadt Brauhaus

    Appel oftewel Christoph Kotze, het hom die afgelope 15 jaar stewig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig. Dié befaamde liedjieskrywer is verantwoordelik vir van die grootste treffers in die Afrikaanse musiekgeskiedenis. Appel tree by Kapstadt Brauhaus in Langebaan om 20:00 op. Kaartjiepryse begin by R300. Besoek www.quicket.co.za om te bespreek.