Jeugleiers saam met kerkleiers en ander rolspelers by ‘n saamtrek in Louwville op Jeugdag.

Jeugleiers van verskeie groepe het byeengekom vir ‘n pretdag vir jongmense in die Louwville-gemeenskap, aangebied deur die Evangelie Gemeentes in Louwville.

Die pretdag het op Jeugdag, Maandag 16 Junie, op die Witteklip-sportterrein plaasgevind, met deelname aan netbal, rugby en ander aktiwiteite. Daarby is sop en brood aan die gemeenskap en minderbevoorregte kinders uitgedeel.

Deur die loop van die daaropvolgende week was daar verskeie uitreike vir dié jongmense, met die doel om te wys dat daar positiewe aktiwiteite is waarmee hulle hulself kan besig hou en dat Jesus Christus die uitweg is. Dienste het gefokus het op die “herstel” van jongmense se lewe. By dié geleenthede is talle se lewe verander en het baie hul weg na Jesus gevind. Vir die leiers was dit ‘n riem onder die hart om te sien hoe jongmense die pad na herstel van depressie, dwelms, groepsdruk en meer kies.

Monray Jacobs van Evangelie Gemeentes bedank alle kerkleiers wat hul jongmense afgevaardig het om die week by te woon en te wys daar is hoop vir die jeug van Louwville en Vredenburg.

“Ons wil ook vir raadslid Leonard Mitchell bedank vir die ekstra myl wat hy gestap het.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025