Etlike mans oor naweek aangeval en vermoor

Drie mans is die afgelope naweek in Citrusdal vermoor en verskeie mense is in mesverwante voorvalle beseer.


Drie mans is die afgelope naweek in Citrusdal vermoor en verskeie mense is in mesverwante voorvalle beseer.

Neo Khutlane (19) is Sondag (15 September) in die nek gesteek. Met die polisie se aankoms op die misdaadtoneel in Nyamandow, Riverview, was hy reeds dood.

Asiphe Lahola (28) is Maandagoggend (16 September) met sy aankoms by die Citrusdal-hospitaal dood verklaar.

’n Onbekende man is ook Sondag omstreeks 17:20 met sy aankoms by Citrusdal-hospitaal oorlede. Hy het ’n meswond gehad.

Ook op Sondag omstreeks 02:45 is ’n 44-jarige man met twee gapende wonde op sy kop in Alfastraat, Malmesbury, gekry. Sy gesig was opgeswel. Die motief vir die aanval is tans onbekend en geen verdagte is nog geïdentifiseer nie. Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

’n 30-jarige man sterk tans in ’n hospitaal in die Paarl aan nadat hy Sondagmiddag (15 September) in Piketberg met ’n mes in die nek gesteek is. Gavin Ruiters (32) het Dinsdag in die landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

You need to be Logged In to leave a comment.