Eskom-ekspo inspireer jong wetenskaplikes

Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes het die visie om jong wetenskaplikes en navorsers te inspireer.


Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes het die visie om jong wetenskaplikes en navorsers te inspireer.

Hierdie kompetisie/uitstalling bied leerders die geleentheid om hul nuwe kennis in wetenskap, tegnologie en wiskunde met ander te deel.

Leerders kry die geleentheid om met unieke oplossings vorendag te kom rakende huidige uitdagings wat hulle in hul omgewing ervaar of om die wetenskap agter hul stokperdjie te ondersoek. Hierdie kompetisie/uitstalling is ’n goeie platform waar leerders hul belangstelling in wetenskap, tegnologie, wiskunde en entrepreneurskap prikkel.

Dit is die sesde jaar dat hierdie kompetisie in die Weskus-onderwys­distrik aangebied word. Hierdie kompetisie is die enigste in Suid-Afrika waar leerders tussen graad 7 en graad 11 deur hul skole ingeskryf kan word om in die 24 kategorieë deel te neem.

Voorbeelde van kategorieë sluit in: Chemie, energiebesparing, fisika, landbou, plantkunde, ens.

Leerders kan in samewerking met hul onderwysers hul vordering monitor om gereed te wees vir die plaaslike kompetisie 16 en 17 Augustus by White City- veeldoelige sentrum in Saldanha. Leerders kan in aanmerking kom om gekies te word om aan die Internasionale Wetenskapuitstalling in Oktober in Johannesburg deel te neem.

Verder kan hierdie leerders ook geïdentifiseer word om aan ander oorsese uitstallings deel te neem.

Indien individue of skole meer inligting benodig kan jy Ursula Boys kontak by 084 909 2620of stuur ’n e-pos na: ursulaboysgv@gmail.com of weskus.eskom.expo@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.