Erfenis met tromme, dans en tradisionele kos gevier

Met die gees van erfenis in die lug het talle mense !Khwa ttu se agtste Erfenisfees bygewoon.


Met die gees van erfenis in die lug het talle mense !Khwa ttu se agtste Erfenisfees bygewoon.

Die geleentheid het Dinsdag 24 September, op Erfenisdag, plaasgevind. Gaste het verskeie tradisionele geregte geniet, gedans en heerlike samesyn ervaar.

Volgens Antonio Daniels, bemarker van !Khwa ttu, was daar baie hoogtepunte wat deur almal geniet is, waaronder die kulturele vertonings van die Unity San Cultural Group van Namibië, !Khwa ttu se eie dansers, rieldansers en soveel meer.

“Ons was bekommerd toe die dag begin, weens die weerstoestande, maar ten spyte daarvan het die dag wonderlik uitgedraai. Die kosverkopers het uitverkoop en die kroon-kopstukke, gemaak deur die aktrise Jolene Martin en haar handelsmerk Khoe Queen, was uiters gewild. Die hoogtepunt vir ons was die besoek deur die [Wes-Kaap] minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, dr. Ivan Meyer, en ons San-ouderling, dr. Katrina ‘Ouma Geelmeid’ Esau.”

Daniels bedank ook die departement van kuns en kultuur vir die finansiering wat bygedra het tot die sukses van die dag se vierings.

You need to be Logged In to leave a comment.