Inwoners van Verlorenvlei Plaas saam met konstt. Erica Titus (slagoffers ondersteuningsgroep koördineerder) en Temba Miggels (landelike sektorbevelvoerder). Foto:


Die Elandsbaai-polisie het onlangs teruggegee aan die behoeftiges in die gemeenskap.

Die inisiatief was geïnisieer deur konstt. Erica Titus (slagoffers ondersteuningsgroep koördineerder) en Temba Miggels (landelike sektorbevelvoerder).

’n Projek is van stapel gestuur om die behoeftiges in die gemeen­skap te help. ’n Gelukstrekking is geïnisieer om geld in te samel wat aangewend is om vir die slagofferondersteunings-­ kamer ’n nuwe stel sitbanke te koop.

Die beddens in die ondersteunings­kamer is uitgehaal en is as prys aangebied om sodoende geld in te win vir die nuwe sitbanke.

Jasmine Miggels was die gelukkige wenner van die twee beddens en matrasse.

Klere, skoene en alle items wat in 2017 ingevorder is deur die slagoffer­ondersteuningsgroep, is ook aan die inwoners van die plaas Verlorenvlei, Elandsbaai oorhandig. Almal was dankbaar oor die goeie gebaar aan die plaaslike minderbevoorregtes in die gemeenskap en op die plaas.

Titus en Miggels sê die projek was ’n reusesukses en hulle het hul doel bereik.

Enige persoon met items om te skenk van enige aard kan konstabel Erica Titus by 022 972 8000 kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025