Die sanger Elandré tree vandag (Donderdag 26 Junie) by die Kapstadt Brauhaus in Langebaan op. Aanhangers kan uitsien na ‘n puik uitvoering van Elandré, bekend vir sy gewilde video-weergawe van Bruce Springsteen se “Tougher than the rest” wat hom sy eerste platekontrak in die sak gebring het.
Kapstadt Brauhaus verwelkom Elandré opgewonde op die verhoog by Club Mykonos.
• Belangrik: Sodra jou kaartjie gekoop is, word ‘n tafel outomaties aan jou toegewys. Die deure open om 18:00 en die vertoning begin om en by 20:00.
Kapstadt Brauhaus is ‘n werkende restaurant, dus sal kos en drankies gedurende die vertoning voorgesit word.