Eksteen-moordsaak sloer

Die 51-jarige Anthony Jacobs, wat teregstaan weens die moord op Estelle Eksteen van Langebaan, het Dinsdag 30 Julie weer vlugtig in die Hopefield-landdroshof verskyn.


Die 51-jarige Anthony Jacobs, wat teregstaan weens die moord op Estelle Eksteen van Langebaan, het Dinsdag 30 Julie weer vlugtig in die Hopefield-landdroshof verskyn.

Eksteen se man en seun, wat in die Moorreesburg-omgewing boer, het op 10 Maart vanjaar op haar lyk in hul huis in Sunbird-rylaan, Langebaan, afgekom.

Jacobs, van Saldanha, is nie lank daarna nie in hegtenis geneem en is met waardevolle goedere wat aan Eksteen behoort het, in sy besit betrap. Hy het al telkemale sedert sy inhegtenisneming in die hof verskyn, maar die saak is nog elke keer uitgestel.

Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, het bevestig dat die saak met die vorige verskyning weer eens uitgestel is vir verdere ondersoek. Jacobs sal weer op Donderdag 12 September in die hof verskyn.

Hy word steeds aangehou.

You need to be Logged In to leave a comment.