Weslander plaas met graagte die foto’s van vanjaar se deelnemers en trofeewenners aan die Wes-Boland Eisteddfod op ons Facebook-blad.
Die blad bereik weekliks tussen 25 000 en 30 000 mense.
Altesaam 263 eisteddfod-medaljes en 24 trofeë is vanjaar oorhandig. Die gedrukte koerant is net te klein om al die wenners te plaas, maar die skildwenners word wel geplaas.
Geluk met elke wenner se puik prestasie. Die Weskus het voorwaar talent!