Die Lagoon-rolbalklub huisves vandag (Donderdag 16 Oktober) die Sakeliga se eindronde.
Etienne Schutt, die klubpresident, vermoed dit gaan op ‘n taai stryd tussen PJ Toilets en Headline Blinds uitloop. Albei die voorlopers was al voorheen wenners.
In Afdeling 1, wat die aflope maande op Dinsdagaande gespeel is, staan PJ Toilets eerste met 22 punte, Eco Sport tweede met 20 punte en Magic Services derde met 14 punte.
Headline Blinds loop voor met 21 punte in Afdeling 2, wat Donderdagaande die grasbane aangedurf is. Copy and Paste deel die tweede plek met Boesmanland-slaghuis met 16 punte elk.
Ronde 9 en 10 is verlede week beslis met al die afdelings wat op Dinsdag 14 Oktober ronde 11 kafgedraf het.
Volgens Schutt is die drie beste spanne baie naby aan mekaar. Nog net twee punte is beskikbaar en op die spel.
Die twaalf spanne in vanaand in die naelbyt-eindronde is PJ Toilets teen Headline Blinds (eerste en tweede plek), Eco Sport teen Copy & Paste (derde en vierde plek), Magic Services teen Boesmanland-slaghuis (vyfde en sesde plek), Hyundai teen Alu Station (sewende en agtste plek), die Rolling Rebels teen Tweede Kans (negende en tiende plek), en MJ Geomatic teen Comtel vir (elfde en twaalfde plek).
Spel begin om 18:00.





