’n Man van Paternoster is ernstig beseer toe rowers hom en sy vrou Sondag (4 Augustus) omstreeks 02:30 in hul huis in Strandloper­straat in Paternoster oorval en beroof het.

Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisie, sê die rowers het tussen 22:30 die vorige aand en 02:30 die Sondagoggend deur ’n motorhuisdeur toegang verkry.

Die egpaar het wakker geword van ’n geluid en die man het gaan ondersoek instel. Kort hierna het ’n korterige man, wat baie goed Afrikaans kon praat, die vrou met ’n vuurwapen gedreig.

Hy het haar met die vuurwapen oor die kop geslaan en haar selfoon, van haar klere en ander kosbare besittings gevat. Nadat hy by die kamer uit is, het die vrou haar man gaan soek.

Hy was op die onderste verdieping met ’n wond aan sy kop. Hy is sterk steeds aan in die Life Weskus-private hospitaal.

Die polisie ondersoek ’n voorval van gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025