Lede van die Cederberg-subdistrik Primêregesondheidsorgspan en verteenwoordigers van plaaslike plase wat saamgespan het om die Plaasgesondheidspos te stig.

Die Cederberg-subdistrik in die Weskus-distrik het sy eerste plaasgesondheidspos op Dinsdag 3 Junie by dié Noordhoek-plaas buite Citrusdal bekendgestel.

Die plaasgesondheidspos is in ‘n omgeboude gebou op die plaas geleë met maklike toegang vir omliggende werkers naby hul werkplek vir voorkomende en gesondheidsiftingsdienste.

Gedurende die eerste dag van die gesondheidspos is altesaam 47 pasiënte vir ‘n verskeidenheid dienste gespreek, insluitend TB-sifting en sputumtoetse, MIV-sifting en -toetsing, inhaal vir kinders se inentings,

gesinsbeplanning en siftings vir diabetes en hipertensie, insluitend monitering van chroniese hipertensiepasiënte.

Die diens sal nou voortgaan met ‘n sesweeklikse rooster wat in die sub-distrik se mobiele gesondheidsdiensprogram geïnkorporeer is.

Die plaasgesondheidspos is ‘n gesamentlike inisiatief

tussen die Wes-Kaapse

regeringsgesondheid en welstand, die NPO-vennoot Cederberg Matzikama Aids Network (CMAN) en boerdery- entiteite van die Swartvlei-, Karnemelksvlei- en Noordhoek-plase. CMAN bied tans dienste in die gebied wat geïdentifiseer is as ‘n hoëtransmissie- area (HTA) vir MIV/vigs en dus die verskaffing van dienste aan kwesbare bevolking.

Bykomend tot die plaasgesondheidspos is agri-werkers op verskeie plase in die omgewing ook deur CMAN deur middel van ‘n opleidingsprogram as gemeenskapsgesondheidswerkers

opgelei. Hoewel hulle steeds op die plase werk, sal die opgeleide agri-werkers dien as ‘n skakel tussen die mobiele kliniekgesondheidspersoneel en medewerkers, wat die toegang van werkers tot voorkomende en siftingsdienste verbeter.

Volgens Annemarie Koch, die kliniese programkoördineerder in dié Cederberg-subdistrik, sal ander plaasgesondheidsposte in die subdistrik ook binnekort met omliggende plase in Clanwilliam van stapel gestuur word. “Ons het ‘n goeie verhouding met groot boerdery-

entiteite in ons sub-distrik en inisiatiewe soos dié is voordelig vir hulle, aangesien werkers nie tyd van die werk hoef te neem om toegang tot ons dienste te verkry nie.” Koch sê die fokus op die plaasgesondheidsposte sal sterk op voorkomende gesondheid-intervensies wees, eerder as op die behandeling van akute gevalle. Pasiënte wat verdere sorg benodig, sal steeds na hul plaaslike klinieke verwys word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 6 November 2025
    Weslander E-Edition – 6 November 2025