Een van Joshlin-vier nou getuie in saak

Die aanklagte teen die vierde beskuldigde in Joshlin Smith (6) se verdwyning is vandag (Maandag 21 Oktober) in die Vredenburg-landdroshof laat vaar.


Die aanklagte teen die vierde beskuldigde in Joshlin Smith (6) se verdwyning is vandag (Maandag 21 Oktober) in die Vredenburg-landdroshof laat vaar.

Lourentia “Renze” Lombaard (31) gaan volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, vir die staat getuig in die saak teen Joshlin se ma, Kelly Smith (33), haar kêrel, Jacquen “Boeta” Appolis (31) en sy vriend, Steveno van Rhyn (27). Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel vir die doel om uit te buit.

Die staat voer aan dat die beskuldigdes Joshlin tussen 18-19 Februarie ontvoer het sodat hulle haar kon “verkoop”, “aflewer” of “ruil”. Sy is die laaste keer gesien waar sy en Kelly in ’n wit motor klim en wegry.

Niemand kon nog enige spoor van haar kry nie.

Lombaard is die tweede beskuldigde teen wie die aanklagte in dié saak teruggetrek word. ‘n Vermeende sangoma, ook van die Middelpos- informele nedersetting, het ook vroeër vanjaar twee keer saam met Smith, Appolis en Van Rhyn in die hof verskyn waarna die aanklagte teen haar teruggetrek is.

Die driestuks verskyn op 31 Januarie vir die eerste keer in die Kaapse hooggeregshof vir ‘n voorverhoorvergadering. Hulle bly in aanhouding in die Polsmoor-gevangenes.

You need to be Logged In to leave a comment.