Drie stappers van berg by Porterville gered

Drie stappers is Maandag by die Porterville-polisie as vermis aangegee nadat hulle op die berg in die 22 Watervalle-natuurreservaat by Porterville verdwaal het.


Drie stappers is Maandag by die Porterville-polisie as vermis aangegee nadat hulle op die berg in die 22 Watervalle-natuurreservaat by Porterville verdwaal het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die Weskus-polisiewoordvoerder, is omstreeks 20:10 aangemeld dat ’n 50-jarige man, ’n 32-jarige vrou en ’n 25-jarige vrou nie van ’n staptog af teruggekeer het nie.

Hul agt medestappers het dit ongedeerd tot in die kampeerplek aan die voet van die berg gemaak.

Daar is selfoonkontak gemaak met die man wat aangedui het dat hulle bo-op die berg verdwaal het en te moeg was om ’n tree verder te stap.

Een van die vroue het haar mense in die hande gekry en net gesê sy kry baie koud en is moeg voordat sy die sein verloor het.

Die polisie en verskeie reddingspanne het saamgewerk om die stappers net ná middernag op te spoor en na veiligheid te bring.

Die natuurreservaat aan die voet van die Olifantsrivierberge is ’n gunsteling onder veral stappers en bergfietsentoesiaste.

You need to be Logged In to leave a comment.