Tot dusver is daar nog geen leidrade oor die vermiste tiener Donna-Leigh Don van Lambertsbaai nie. Don word sedert Sondag 24 Julie vermis. Billy Claasen, uitvoerende direkteur van die Landelike- en Plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie, lê weer eens klem daarop dat mense baie versigtig moet omgaan met inligting en dit dadelik by die polisie moet aanmeld. “Moenie roekeloos wees met inligting nie, dit kan onnodige hoop skep,” maan Claasen. Sers. Henry du Randt, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-streek, het by navraag gesê daar is tans geen nuwe leidrade of enige nuwe verwikkelinge rakende die verdwyning van die 16-jarige nie. “Maar hierdie kantoor kan bevestig dat die soektog steeds aan die gang is en dat die polisie hul bes doen om haar op te spoor.” Enigiemand met inligting oor die verdwyning van Donna-Leigh kan die Lambertsbaai-polisie by 027 432 8260 skakel.


  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025