Danksy twee windplase lewer die Saldanhabaai-gebied reeds ’n stewige inset tot hernubare kragopwekking in ons land.
By Umoya Energy-windplaas buite Hopefield kan 37 windturbines ’n maksimum van 67 MW opwek terwyl die 47 windturbines van West Coast One, versprei oor nege plase tussen Vredenburg en St. Helenabaai, soveel as 94 MW-krag kan lewer.
67 MW = genoeg krag vir sowat 50 000 huise.
Transformators verwerk die krag vanaf die turbines na hoër volts voor dit via die Aurora-subkragsentrale, buite Hopefield, by die nasionale kragtoevoernetwerk van Eskom gevoeg word.
Al die windturbines is toegerus met ultrasoniese sensors om windspoed te meet en aan te pas by die windrigting.
Die turbines begin eers krag opwek teen ’n windspoed van tussen 3.5 m-4 m/sekonde.
Die turbines skakel outomaties af indien die windsterkte 25 m/sekonde vir meer as 10 minute handhaaf. Dit help om die turbines se meganika te beskerm.