Die Kliphoek-rivieroord op die oewer van die Bergrivier het oorstroom nadat die rivier die naweek luidens berigte sy 100 jaar-vloedlyn oorskry het. Die sluise van die Bergrivier-dam is verlede week oopgemaak ná die dam se inhoud 102% bereik het. Organiseerders van die jaarlikse Bergrivier-kanomarathon wat eersdaags (5-8 Julie) plaasvind, het vroeër gewaarsku die rivier is tans baie gevaarlik met talle bome wat stroomaf spoel. Bokkomlaan in Velddrif is ook tydelik deur die Bergrivier-munisipaliteit gesluit na dié pad ook oorstroom het. Lees meer op bl.3. Foto’s: Kliphoek-rivieroord

SP Tredoux

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article