Dis lente tyd en weer tyd vir die Blomme en Bubbles-fees in Paternoster.
Vanjaar is dit die tweede geleentheid van sy soort. Besoekers kan uitsien na drie dae se pret, wat van Vrydag 6 tot Sondag 8 September plaasvind.
Volgens Arno Hattingh van Paternoster Wine and Tasting Lounge is 32 sakeondernemings deel van vanjaar se vieringe. Verlede jaar het omtrent 400 mense gelok en vanjaar staan kaartjies reeds op dubbel dié hoeveelheid. Mense kan uitsien na meer as 150 wyne, musiek, heerlike kos, vertonings en soveel meer.
Met soveel pret kan mense ook uitsien na ’n Bubbles-geveg op die strand, die unieke meermin Athena wat op verskeie plekke in die dorp gaan verskyn en meer.
Hattingh het verlede jaar soveel goeie terugvoer ontvang en glo vanjaar sal die fees die ekonomie en toerisme van Paternoster weer ’n hupstoot gee.
Besoek https://paternosterwinelounge.co.za/blommebubbles om kaartjies te bespreek. Weslander-lesers kan 20% afslag op hul kaartjies kry – tik net die woord WESLANDER in hoofletters in die promo-blokkie.