Die onderneming se naam: Sea Breeze Community Development

Die onderneming se adres: Hoofweg 3, Vredenburg, 7380

Telefoonnommer: 022 100 0776

Personeel-struktuur: Wie is die eienaar van die onderneming? Zharon Gail Damonse

Wie is die bestuurder of bestuurders? Thomas Damonse/Zharon Gail Damonse

Is daar enige uitsonderlike kenmerke van die onderneming (oud of nuut) wat u graag sal wil noem? Sea Breeze Community Development is ’n 100%-vroue-eienaar-maatskappy met ’n vlak 1-BBBEE-status met 250 permanent en tydelike werknemers tans in diens.

Watter uitsonderlike eienskappe van die personeel wil u uitlig? Die personeel werk goed as ’n span saam, en dit maak ’n groot verskil.

Wanneer is die onderneming begin? 2012

Wat is uitsonderlike suksesse van die onderneming? Werkskepping en die rol wat ons in die gemeenskap en in ons werkers se lewe speel.

Watter interessante feite van die onderneming kan u noem? As eienares van Sea Breeze Community Development is dit net ’n voorreg om mense se lewe te verander. Elke jaar hierdie tyd help ons met skenkings vir die matriekafskeid. Ons, tesame met ander plaaslike ondernemings, bied verskeie geleenthede vir ons jeug om te verseker dat hul nie net in die stelsel verdwyn nie.

Wat is die spesifieke produk wat u aan die publiek wil bemark? Siviele konstruksiewerk, industriële/kommersiële skoonmaakdienste sowel as lugversorging.

Watter uitsonderlike eienskappe van u produk of diens maak dit uniek in die omgewing? Om ’n vroulike eienaar te wees in ’n sektor wat deur mans oorheers word, was van dag een af ’n uitdaging, maar ons kan met trots sê dat ons die respek van die bedryf afgedwing het. Ons koppel gehalte aan ons dienste en die kliënt kom natuurlik altyd eerste!

Diens:

Wat maak die onderneming/produk uniek en anders as dié van u mededingers? Soos genoem, is Sea Breeze Community Development ’n 100%-vroueienaar-onderneming en ons hoop dat meer vroue in die nabye toekoms by Black Women in Sustainable Business sal aansluit, waar idees gedeel en ondersteuning gebied word om ander vroue in die sakewêreld te help.

Wat is u sakeleuse? Beplanning, uitvoer, terugvoer, opvolg en puik naverkopediens.

Hoe word kliënte gehelp met spesifieke probleme? Sea Breeze Community Development probeer altyd in ’n gegewe tydgleuf werk om seker te maak dat ons aan spesifikasies asook nasorgdiens voldoen.

Toekomsplanne? Sea Breeze Community Development brei uit. Die onderneming sal in die nabye toekoms vier suster-vleuels bykry wat ander sektore in die Weskus sal diens.

Wat is die kernboodskap wat u graag aan die gemeenskap en u kliënte wil oordra? Met harde werk, toewyding en ’n goeie houding is enigiets moontlik. Elke dag is ’n oorlewing in die sakewêreld. ’n Baie mooi slagspreuk is hier gepas: “A leader is just as good as her team.” Ek is verskriklik dankbaar vir elke geleentheid wat ek tot dusver ontvang het en vir die mense en werknemers wat my lewe soveel ryker maak. Geld is waaroor ’n onderneming gaan, maar daar is baie wat geld nie kan koop nie.

Wat inspireer jou? My kinders en kleindogter is my inspirasie. Ek is ryklik geseën met hulle en fantastiese vriende. Ek wil ook alle eer gee aan ons Hemelse Vader wat my so ver gedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article