Dié tiener staan nie terug in Tennessee

Hoërskool Diazville se sang-ster, Jodi Basson, is in Amerika vir haar grootste kompetisie nog.


Hoërskool Diazville se sang-ster, Jodi Basson, is in Amerika vir haar grootste kompetisie nog.

Dié graad 11-leerder kan seker wees haar skool staan bankvas agter haar. Die skool het haar Vrydag sterkte toegewens vir haar reis na Cleveland, Tennessee, in die VSA en dié dag as Jodi-dag verklaar.

Jodi sal aan die internasionale Teen Talent-sangkompetisie deelneem waar sy Suid-Afrika sal verteenwoordig.

Die tiener kry sekerlik haar talente van haar oorlede pa, Boy Basson, ’n bekende Weskus-musikant wat die gewilde liedjie “Mossels en Vis” gesing het. Hy is twee jaar gelede oorlede.

Jodi het reeds begin om ’n naam vir haarself te maak. Sy het verlede jaar aan die na­sionale Full Gospel Teen-fees in Irene, Pretoria, deelgeneem en daar ook uitgeblink.

Die 18-jarige sê ten spyte van die senuweeagtigheid is sy baie opgewonde. Sy meen ook sy is goed voorbereid vir die geleentheid.

You need to be Logged In to leave a comment.