Dié resep werk al jare

Ocean Basket, met meer as 20 jaar ervaring agter die rug, het sekerlik die wenresep vir seekos agtergekom.


Ocean Basket, met meer as 20 jaar ervaring agter die rug, het sekerlik die wenresep vir seekos agtergekom.

Dit maak nie saak of jy op soek is na sushi, mossels of net ’n lekker stukkie vis nie, dié restaurant het dit alles.

Die eerste Ocean Basket is in Menlyn Park-sentrum, Pretoria, geopen met net ses tafels.

Die spyskaart het net ’n handjievol disse aangebied, wat garnale, stokvis, calamari en koningklip ingesluit het. Vandag is dié disse steeds van die gewildste op die Ocean Basket-spyskaart.

Dit was nie lank voor Pretoria versot was op eienaar Fats Lazarides se raserige, effens mallerige Mediterreense restaurant was nie.

Vandag is daar meer as 200 Ocean Basket-restaurante in 16 lande wêreldwyd. Van Durban tot Dubai en terug, van Nelspruit tot Nigerië, kan die seekosgeregte met liefde en ’n romerige suurlemoensous geniet word. Ocean Basket het ook ’n tak in die Weskus Mall.

0 022 713 2998.

You need to be Logged In to leave a comment.