Alida Buckle
Die polisie wou nie veel bekendmaak oor ‘n voorval op Sondag 18 Mei waarin ‘n bejaarde man van Moorreesburg talle polisielede na bewering met vuurwapens gedreig en selfs ‘n vuurwapen teen een lid se kop gedruk het nie.
Kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder
vir die Weskus-polisiedistrik, het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek ‘n klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ‘n aanval op polisielede. Die voorval het glo die oggend plaasgevind met ‘n welbekende
in die omgewing, wat die polisie wat by sy plaas aangedoen het, daarvan verdink het dat hulle wou steel. Die man, wat aan demensie ly, het polisielede met ‘n handwapen en ‘n haelgeweer gedreig. Hy het hulle later tot by die polisiekantoor gevolg. Hier het hy, volgens Helfrich, ‘n vuurwapen teen ‘n lid se kop gedruk. ‘n Gelaaide haelgeweer en pistool is by hom afgeneem. Die verdagte is ná die voorval, wat vir die polisielede vreesaanjaend was, vir psigiatriese waarneming opgeneem. Die saak word ondersoek.

