Die Darling-rugbyklub se toppresteer- ders het sertifikate en trofeë ontvang op die klub se jaarlikse spogprysuitdelingsgeleentheid in die Darling-gemeenskapsaal op 27 September.
Ferlin Tango is aangewys as die Sportman van die Jaar, Tyrique Oppelt as Speler van die Jaar en Lezwill Hoop as die Vonds van die Jaar.
Die Bester Sewesspeler van die jaar is PJ Gedult.
Eerstespanspelers wat uitgeblink het, is Angelo Marsh (beste voorspeler) en Geraldo Solomons (beste agterlynspeler).
Tweedespan-uitblinkers is Beckham Davids (beste voorspeler) en Muzaan Filander (beste agterlynspeler).
In die derdespan het Patrick Solomon (beste voorspeler) en BJ Lee Bruintjies (beste agterlynspeler) uitgeblink.


