Dylan Carolus van die Laerskool Panorama maak gereed om los te breek, sy teenstander agter te laat en die bal triomfantlik agter die doellyn te gaan druk. Die Laerskool Panorama se o.9-rugbyspan het verlede Woensdag (7 Mei) teen die o.9-rugbyspan van die Hoërskool Hopefield kragte gemeet. Die skool bedank die Hoërskool Hopefield vir sy hartlike ontvangs. “Ons leerders het die dag opreg geniet en waardeer. Vir baie van hulle was dit hul eerste wedstryd, maar hulle het dapper opgetree en nie vir hul teenstanders teruggestaan nie,” voeg die skool by. Die Laerskool Panorama het 30-5 gewen.

Rugby:

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article