Om jongmense in Vredenburg bymekaar en in ‘n positiewe omgewing te bring, het Lee-Ann Galant van #StraatkindvirJesus die inisiatief geneem om iets daaraan te doen.
Sy het die nood in die gemeenskappe gesien en besluit om na die judo-afrigters Jacques Boer en Owen Palm uit te reik om hande met haar te vat om kinders die sport en kuns van judo te leer.
“Aangesien respek, dissipline en selfbeheersing ‘n kommer in ons gemeenskappe is, het ek gedink hierdie soort insiatief is die perfekte manier om dit te handhaaf,” vertel Galant.
Die komitee bestaan uit plaaslike inwoners en die klub het sover 40 geregistreerde lede. Galant meen die Louwville-judoklub is oop vir alles en almal in Vredenburg.
“Ons eerste dagkamp vind op Saterdag 12 April in Klawer plaas en kinders en hul ouers is almal baie opgewonde. Ons is hier om ‘n verskil te maak, om te help en om nee te sê vir boelies.”
• Bel Lee-Ann Galant by 079 454 2655 of Jeremaine Lethina by 063 009 5631 vir enige navrae.