E-pos: weslander@novusmedia.co.za

Dagboekinskrywings is gratis. Inskrywings moet voor 17:00 op ‘n Maandag ontvang word.

Saterdag 26 Julie

◘ Kry jou span bymekaar en wees deel van ‘n inspirerende oornagstap op en af in die Weskus Mall in Vredenburg. Kom geniet die feestelike atmosfeer en bowenal, vier die lewe – alles ter ondersteuning van Cancervive. Die stap vind deur die nag plaas – ja, tot die volgende oggend. Kyk hoeveel rondes jy en jou span kan voltooi. Die span of individu met die meeste rondes sal aan die einde aangekondig en gevier word. Van boeiende aktiwiteite vir kinders tot optredes deur plaaslike kunstenaars – daar sal iets vir almal wees om te geniet. Registreer as ‘n span van 10 vir R650, of individueel vir R65. Ondersteun ‘n gemeenskapsprojek vir ‘n belangrike saak – kankeropvoeding en -bewustheid. WhatsApp Elfrieda Engels by 082 854 3145 vir nog inligting.

Woensdag 30 Julie

◘Die Vredenburg Tuinbouklub verga- der om 10:00 by die Ou Stalle van die Moedergemeente. Tema: “Hoe verwelkom jou tuin jou gaste na jou voordeur?” Dr. Thys Smit stel ook sy boek bekend. Bel Elsabe by 082 416 6305 vir nog inligting.

Saturday 2 August

◘ Bergrivier Tourism is hosting a Women’s High Tea at Russells on the Port in Port Owen, Velddrif, starting at 11:00. Decorate your table with your special tea sets and enjoy lucky draws, canapés, petit fours as well as a welcome drink and tea. Corkage fee for own drinks. The speaker of the day will be the clinical psychologist Sanché Nel. Tickets cost R250 per person. Contact Chevon on 022 783 1821 or send an email to velddrif@

bergriviertourism.co.za for more information.

◘ Car Boot Market: If you are looking for an outlet to sell your unwanted goods or farm fresh produce, join the Car Boot Market at the Catholic church grounds in Suffren Street, Langebaan, from 08:00 to 12:00. Call or send a WhatsApp to 083 779 5127 to book your spot.

Saterdag 9 Augustus

◘ Kom kry op Vrouedag ‘n “brandstofinspuiting” vir jou vrouehart om 10:00 by The Daily Coffee Café. Ligte verversings sal voorsien word. Skakel 022 703 6900 vir nog inligting.

VRYdag 15 Augustus

◘ André Schwartz se Gesigte kom na Die Koelkamers. In die multimediaproduksie Gesigte word die werk van die internasionaal bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe geroep deur die digitale kunstenaar Seun. Elke lewenstorie van André Schwartz word verbeeld deur unieke gesigte op die skerm. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies kos tussen R207 en R322. Besoek www.diekoelkamers.com m te bespreek.

Donderdag 21 Augustus

◘ RAAF (foto) – ‘n Fees van hul jongste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank ná hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe! Lourens en Esté RAAF bring die musiek van hul splinternuwe album Prediker asook ou gunstelinge na Kapstadt Brauhaus in Langebaan. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kos R195 en meer. Besoek www.quicket.co.za om te bespreek.

Saturday 18 October

◘ Janice Mahoney’s Standing Together Against Breast Cancer at the Skilpad Hall, Vredenburg. Tickets cost R250 per person. Call Janice on 082 734 4691.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 22 January 2026
    Weslander E-Edition – 22 January 2026

Gift this article