Daar is hulp vir trauma-pasiënte

Die afgelope tyd hersien ek ’n hoofstuk vir ’n boek met die opskrif “Afgan-sindroom” – oor die oorlog en gevolge in Afganistan.


Die afgelope tyd hersien ek ’n hoofstuk vir ’n boek met die opskrif “Afgan-sindroom” – oor die oorlog en gevolge in Afganistan.

My gedagtes dwaal na die Angola- oorlog en “bomskok” en “bossies” was algemene terme. Ek onthou hoe ek in 1989 ’n artikel oor die Viëtnam-­sindroom by Suid-Afrikaanse weermag­soldate geskryf het en hoe ek oor die vingers getik is.

Die veelvoudige traumatiese gebeur­tenisse in ons land, soos verkragting, plaasaanvalle, moorde, padwoede en gesinsgeweld dra by tot die traumatiese toestande van die slagoffers, algemeen bekend as posttraumatiese stres­versteuring (PTSV). Die toestand word geken­merk deur simptome soos angs, slaap­loosheid, woede-uitbarstings, isolasie, verhoudings wat verbrokkel, erge middelmisbruik, nagmerries, vermy plekke, om net ’n paar op te noem.

Navorsing in die sielkunde met bydraes van psigiatrie en neurologie, dui aan dat die vorige behandeling wat praatterapie insluit nie pasiënte volledig genees nie.

Hierdie navorsing dui aan dat ’n holistiese behandeling ’n meer omvang­ryke en totale heling by pasiënte tot gevolg kan hê.

Die holistiese behandeling bestaan uit vier dimensies:
. Voorkomend om werkers, vriende en die gemeenskap voor te berei met ’n “sielkundige noodhulpkassie” wat hulle in sulke situasies kan gebruik – veral ook kinders.
. Op ’n bewustelike vlak – dus wat ons sien, ervaar, ruik en proe (sintuiglik) – kan dit met behulp van praatterapie, as dit betyds gebruik word, verligting bring deur sielkundige ontlonting en verhoed dat simptome van PTSV voorkom.
. Op ’n onbewustelike vlak kan hipnose help waar hierdie traumatiese inhoude as “onafgehandelde sake” gestoor word.
. En laastens, kan dit help op ’n liggaamlike vlak waar gevriesde trauma in die liggaam gestoor word.

Dr. Peter Levin het “somatiese ondervinding” ontwikkel en dr. Dawid Berceli, oefeninge in trauma-vrystelling, om gevriesde trauma uit die liggaam te verwyder.

Dit is noodsaaklik om te weet dat gestoorde trauma in al die betrokke dimensies soos by die soldate wat op die grens diens gedoen het, geaktiveer kan word deur ’n traumatiese gebeurtenis wat kan lei tot ’n oorreaksie.

In die verband kan die Memorable Order of Tin Hats(MOTH) die oudsoldate help en ondersteun om die nodige hulp te kry.
. Vir navrae, bel dr. Gielie van Dyk by 022 714 1101. Dr. Van Dyk is ’n geregistreerde kliniese sielkundige.

You need to be Logged In to leave a comment.