Creative Minds bied rekenaaropleiding in Weskus PROMOSIE

Rekenaaropleiding om vaardigheid en produktiwiteit te bevorder, is nou beskikbaar in die Weskus.


Rekenaaropleiding om vaardigheid en produktiwiteit te bevorder, is nou beskikbaar in die Weskus.

EUSA Computer Accounting is nou ook die lisensiehouer en verskaffer van Creative Minds-rekenaaropleiding in die Vredenburg- en Weskus-omgewing, by hul goed toegeruste opleidingsfasiliteit te Velddrifweg 26. Afgesien van die Sage Pastel Accounting- en Payroll-opleiding wat hulle aanbied, bied hulle nou ook opleiding in al die Microsoft Office-sagteware (Inleiding tot rekenaars, Windows, Word, Excel, Outlook, Access, PowerPoint, Publisher & meer) van beginners- tot gevorderde vlak aan.

Die opleiding vind plaas in ’n stresvrye omgewing met die doel om rekenaarvaardighede te verbeter, en terselfdertyd produktiwiteit vir die werkgewer te verseker.

Met die toegewyde persoonlike aandag wat studente ontvang, word uitstekende resultate behaal. Elke student leer teen sy eie tempo sonder om deel van ’n formeel gestruktureerde klas te wees. Dit verseker dat daar geen groepsdruk is, en bied die vryheid om opleidingstye te bepaal.

Vir meer inligting, nader EUSA by info@eusa.co.za of 022 713 1622.

You need to be Logged In to leave a comment.