Leerders van Diazville Primêr het onder geen omstandighede toegelaat dat Covid-19 hul studies negatief beïnvloed nie.
Hulle het hul fokus na ’n aanlyn platform met die naam Green Shoots gewend om seker te maak dat hulle die jaar se werk kan bemeester. Green Shoots is ’n “Zero data rated” aanlyn platform waar die leerder wiskunde op die graad se vlak kan voltooi met video’s en verduidelikings van moeilike woorde en terminologie.
Die leerders kon hul aanlyn aktiwiteite voltooi met die ondersteuning van hul ouers wat soms hul selfone moes afstaan.
Die skool wil graag André Lambrect (hoof van kurrikulum en ondersteuning) en Zubeida Davids (kurrikulum-dataspesialis van Green Shoots) bedank, wat dit moontlik gemaak het dat die skool en sy leerders aan die aanlyn program kon deelneem. Marius Cleophas en Claudelia Fortuin is vir die druk van die sertifikate en medaljes hartlik bedank.