Die Groter Cederberg-brandbeskermingsvereniging (GCBBV) het Dinsdag 3 Desember ’n inligtingsessie oor brandgereedheid in Porterville aangebied.
Die brandseisoen het amptelik op 1 November begin.
Volgens verslae deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die provinsie die afgelope vier jaar ’n buitengewoon lae reënvalsyfer gehad.
Dit is een van die faktore wat ’n bydrae tot ’n verwagte besige brandseisoen lewer.
Bertus Senekal, die Weskus-distriksmunisipaliteit se brandweerhoof, doen ’n beroep op inwoners om die beheersentrum onmiddellik by 022 433 8700 te kontak sodra rook gewaar word.
“Die eerste uur van ’n brand is die belangrikste; dit is daarom belangrik dat die regte kanale gevolg word sodat die brandweer so gou as moontlik daarop kan reageer,” verduidelik die vereniging in ’n verklaring.
Kontak ook gerus die GCBBV by 022 931 2083, of besoek www.cederbergfpa.co.za of die Facebook-blad vir meer inligting. . Brande moet by 022 433 8700 aangemeld word.