Die Boland-Kavaliers het Saterdag (25 Februarie) teen die Border Bulldogs in die Boland-rugbystadion kragte gemeet.
Die Kavas, wat op ’n golf van twee agtereenvolgende oorwinnings in die Curriebeker-eerstedivisiekompetisie ry, het hul teenstanders maklik kafgedraf.
Die breier Franzel September se troepe het met rustyd reeds 19-6 voorgeloop.
Die tweede helfte was eenrigting-verkeer met die tuisspan die enigste wat ná halftyd punte aangeteken het.
Emile Booysen, Dylan Maart en Keenan Opperman het elk ’n drie gedruk, terwyl die agterspelers Cornell Engelbrecht en Cameron Hufke ’n drieë-driekuns gehad het.
Darian Hock het ses doelskoppe oorgeklits om Boland ’n wegholsege van 57-6 te gee.
Die Kavaliers speel hierdie Saterdag in ’n tweestryd bo-aan die punteleer teen die OP-Olifante op tuisbodem met ’n oorwinning wat ’n plek in die eindronde sal verseker.
Die afskop is om 16:00 by die Boland-stadion in Wellington. Toegang kos R30 vir volwassenes en R10 vir kinders.