Weslander en Weskus Mall se Bruid van die jaar-kompetisie 2016/-17 is reeds goed op dreef en ’n nuwe jaar beteken nuwe inskrywings.
Die jaarliks kompetisie is die grootste bruidsgeleent-heid in die streek met vanjaar wat die vyfde jaar van die gewilde kompetisie is.
Daar is weer fantastiese pryse op die spel vir vanjaar se kompetisie en bruide sal meeding vir die kans om ’n moontlike romantiese wegbreek, kontantpryse, geskenkpakke en nog veel meer te wen.
Die kompetisie is oop vir bruide bo 18 jaar wat tussen September 2016 tot Augustus 2017 trou.
Weslander het vanjaar weer ’n groep bekwame beoordelaars gekry om elke maand se wenbruid aan te kondig. Die beoordelaars is onafhanklik en hul besluit is finaal.
Bruide wat inskryf moet in die koerant se verspreidingsgebied woon of moes tot en met haar troudag in die gebied gewoon het. November én Desember-bruide kan nou inskryf.
Bruide wat in November getrou het, het kans tot Vrydag 13 Januarie om in te skryf.
Desember-bruide het tot 27 Januarie om in te skryf. Inskrywingsgeld beloop vanjaar R250 en moet verge-sel word van ’n kop-en-skouer- én ’n vollengtefoto. Skakel Trish Goosen of Madelie Tolken by 022 713 1251 vir inskrywings-vorms of vir navrae.